Reese se dilemma (Maart 2024, Sagteband, 192 pg) Alma Carstens

Liefde ken nie reëls nie …  lees meer hieronder.

Alma Carstens

R110.00

Available on back-order

SKU: 9781779870193 Categories: , , ,

Description

Nadat ‘n bemoeisieke tante haar neus in haar sake steek, begin Nian teësinnig ‘n nuwe pos by die familiesaak Durandt Ingelyf. Sy stamp egter dadelik koppe met die knorrige grootbaas… Reese Durandt moet as uitvoerende hoof ‘n voorbeeld aan sy personeel stel. Daar is ‘n rede hoekom maatskappybeleid romantiese verhoudings tussen kollegas verbied. Nian vryf hom buitendien uit die staanspoor verkeerd op. Hoekom kan die twee dan nie ophou om aan mekaar te dink nie? En wat voer daardie rooikopfeeks in Durandt se kantoor in die mou?