Sale!

Romanza: Jy is my droom (November 2023, Sagteband, 192 pg) Alma Carstens

Dit is ‘n voorafbestelling, publikasie mid-November. Let daarop dat ons volledige bestellings stuur. As u bestelling ‘n voorafbesteltitel bevat, sal u volledige bestelling gestuur word wanneer alle voorraad beskikbaar is.  Drome kan bewaarheid word.  Lees meer hieronder.

Alma Carstens

R95.00

Available on back-order

SKU: 9781776359400 Categories: , , , Tags: ,

Description

Ellie se eerste onmoeting met haar nuwe buurman, Simon, is allesbehalwe aangenaam. Reeds met die intrapslag dring hy daarop aan dat sy haar geliefde hond, Rudolf, van sy eiendom kom verwyder. Al hou hy nie van honde nie, voel sy steeds verplig om die nuwe intrekker touwys te maak op die dorp. Simon keer terug na Bloubaai na twintig jaar in Hollywood as ‘n suksesvolle draaiboekskrywer. Al wat hy wil hê, is om uitgelos te word. Na ‘n mor sige egskeiding wat in die openb aar afgespeel het, sal hy enigiets doen om sy privaatheid te beskerm. Maar Simon kom gou agter dat dit nie so maklik is om Ellie afgeskud te kry nie. Buitendien is hy nie meer so seker dis wat hy wil hê nie…