Romanza Omnibus: Web van Liefde (Afrikaans, Paperback, 424 pg) Rykie Roux

Rykie Roux se eerste omnibus!
Web van liefde is ‘n samestelling van drie van gewilde Rykie Roux se vorige Romanzas, Mariek en die magnaat, Satynprinses en Naweekbruid.
Mariek en die magnaat:
Mariek dra swaar aan haar eksverloofde se slenter. Hy’t verdwyn met talle mense se geld. En almal glo hulle was kop in een mus. Sy kruip weg agter haar donkerbril, deel haar sorge met ‘n boemelaar op ‘n parkbankie … maar vermoed dan dat hy ‘n polisieman, of dalk ‘n joernalis is. Hy duik weer op in die luuksehuis langs haar klein strandhuisie aan die Noordkus. Pieterjan Ungerer: Suksesvolle sakeman, magnaat. Hy is duidelik aangetrokke tot haar, maar terug in Pretoria is hy kil, selfs onbeskof. Hy glo sy is ‘n fortuinsoeker wat haar web ook vir hom gestel het. Sy weet hy is vergiftig teen haar, maar hoe bewys sy haar onskuld?
Satynprinses:
Niene O’Kelly haat haar voorkoms. Haar moontlike erfporsie nog meer. Sy wil nie die beeldskone erfgenaam van haar ouma se kosmetiekryk wees nie. In Botswana, waar sy toeriste in ‘n vliegtuigie rondneem, is sy veilig, ken niemand haar verlede nie. Vlieg is haar lewe. Dis hier waar Brink Viljoen haar kom haal en haar in ‘n rigting manipuleer om vrede met haar ouma te maak. Dalk ook haar kans om vrede met haar verlede te maak. Met haarsélf … Maar Brink dink met sy beursie, weet sy. Hy’t bybedoelings. Sy’s ontuis in O’Kelly’s se gange, haar hart onveilig by Brink. Sy moet weerstand bied, veg, sy weet net nie mooi hóé nie.
Naweekbruid:
Saggies, bitter saggies spin hy haar in sy soet, sensuele web toe. Sy is soos klei in sy hande. Warm klei …
Andreas Steyn, ‘n briljante argitektuurstudent bly vir Marguerite ‘n raaisel, sy hande warm, maar sy glimlag berekenend, altyd afsydig. Sy steur haar nie aan haar snobistiese ma se waarskuwings nie. Die regte stamboom was nog altyd vir professor Eloïse Malan allerbelangriks. Marguerite trou met hom, al het hy haar nie lief nie. Sy word sy naweekbruid, versadig van ekstase, maar verwerp, want Andreas se verlede haal hom in, en hare word ‘n las wat sy skaars kan dra.

Rykie Roux

R260.00

Available on back-order

SKU: 9780799395648 Categories: , ,

Description

Web van liefde is ñ samestelling van Rykie Roux se vorige Romanzas – Mariek en die magnaat; Satynprinses & Naweekbruid.