Sale!

Annabella – Davelvroue 3 (Mei 2023, Sagteband, 312 pg, Fiksie, Liefdesromans) Chanette Paul

Nou beskikbaar. Die Davel-reeks is een van Chanette Paul se mees geliefde reekse. Oor sewe boeke, wat afspeel tussen 1899 en 1938, vertel sy van sewe verskillende Davel-vroue, wys hulle soeke na tuiste, betekenis en liefde teen die agtergrond van ’n veranderende Suid Afrika. In Annabella volg ons Tamara se
oudste dogter deur die vroeër 1920s, ’n te midde die styd om vroue se reg om te stem. Hier verweef die skrywer weer ’n sterk romantiese verhaal met dieper kwessies van vroueregte en die begeerte om kreatiewe selfvervulling. Annabella wil haar liefde vir musiek uitleef, maar haar politiese ingesteldheid dryf haar om die stryd op te neem. Die twis wentel rondom die keuse wat voor Annabella staan; om te trou met die hervormer wat baklei vir vroueregte, of die geniale violis wat haar kan help om haar passie vir musiek ten volle uit te leef.. Lees meer hieronder.

Chanette Paul

Original price was: R280.00.Current price is: R260.00.

Available on back-order

Description

Sal haar hart die musiek volg, of die stryd om vroueregte aandurf?

Sonder István Bethlen sal sy nooit volledig Annabella Davel kan wees nie. Net ’n leë dop, sonder koers, sonder betekenis.

En sy hét hom verloor, die geheimsinnige sigeunerviolis wat haar so volledig aangevul het toe sy tjello gespeel het, haar so volledig vrou laat voel het.

Aan die konservatorium op Stellenbosch sal sy musiek studeer, maar haar hart is in Pretoria, op Orange Hall, in Burgerspark … dáár waar sy hom leer ken het.

En toe sy praatjies hoor dat hy ’n adellike op vlug is, doodgeskiet is in Amsterdam, weet sy dat sy nooit weer tjello sal speel nie.

Watter sin het musiek hoegenaamd? Watter betekenis het haar léwe? Al wat oorbly, is om vir vrouestemreg te veg. Maar dan sal sy met Ben Gould moet trou.