Die ooggetuie (Mei 2025, Sagteband, 288 pg) Wilna Roux

‘n Pakkende hofdrama wat afspeel in die Boland. Julia is die kamerprokureur in Izak Marais se regspraktyk op Worcester. Wanneer hy die oggend voor ’n groot hofsaak ineenstort, moet Julia dringend sake beredder – ten spyte van die feit dat sy gesweer het sy sit haar voete nooit weer in ’n landdroshof nie.

Lees meer hieronder.

Wilna Roux

R350.00

Available on back-order

Description

Julia is die kamerprokureur in Izak Marais se regspraktyk op Worcester. Wanneer hy die oggend voor ’n groot hofsaak ineenstort, moet Julia dringend sake beredder – ten spyte van die feit dat sy gesweer het sy sit haar voete nooit weer in ’n landdroshof nie.  Om dinge nog meer te kompliseer is Julia heimlik daarvan oortuig dat die aangeklaagde skuldig is aan moord.

Dié pakkende hofdrama speel af in die Boland – die eerste in die nuwe reeks met die regsgeleerde Julia Blomerus in die hoofrol.

Die skrywer: Wilna Roux is ’n prokureur op Worcester. Sy het ’n BA LLB verwerf op Stellenbosch en sy het drie kinders. Die ooggetuie is haar debuutroman en die eerste in ’n reeks.