Dwelm – wraak is die dodelikste verslawing (Julie 2023, Sagteband) Rudie van Rensburg

Twee gewese speurders word koelbloedig langs ’n plaasdam afgemaai . . . lees meer hieronder.

Rudie van Rensburg

R340.00

Available on back-order

Description

… en Kassie en Rooi moet die moordsaak oorneem by ’n uitgedunde Paarlse speurspan wat al ’n week lank daarmee kleitrap. Met die ooglopendste aspekte van die ondersoek reeds afgehandel, voel dit vir Kassie of hulle ’n saak erf waarvan die karkas klaar skoon gevreet is.

Kassie bevraagteken egter die Paarliete se afleiding dat diefstal die motief vir die moorde was. Wanneer hy en Rooi ander moontlikhede ondersoek, begin dinge doller as kopaf raak. Geraamtes uit die verlede, ’n oud-lid van die Brixtonse Moord en Roof-eenheid, ’n leier van ’n eens berugte tronkbende, en ’n swendelaar wat die grootste maatskappy-gekonkel sedert Steinhoff orkestreer, sorg vir talle vrae waarvan die Spookeenheid-speurders probeer sin maak. En sit daar dalk iemand anders agter die man wat die sneller getrek het?

Om sake vir Kassie te vererger, beleef hy ’n yslike persoonlike krisis wat hy nie weet hóé om te hanteer of op te los nie . . .