Weskus-omnibus 1 (April 2023, Sagteband, 568 pg) Helena Hugo

Twee gewilde Weskus-romans in een – Haar naam is Ragel en Marta. Lees meer hieronder.

Helena Hugo

R290.00

Available on back-order

SKU: 9780796323262 Categories: , , , Tag:

Description

Twee gewilde Weskus-romans in een.

Haar naam is Ragel: Die ontroerende verhaal van ’n jong ma wat haar seuntjie se dood moet leer verwerk. Die kunstenares Ragel Naudé is getraumatiseer ná die dood van haar tweejarige seuntjie. Sy en haar man dryf uitmekaar. Ragel besef dat sy iets moet doen. Sy beland op ’n klein dorpie. Hier ontmoet sy ’n ma wat net soos sy nie kan ophou treur nie. Saam leer die twee vroue geleidelik wat die sin van lyding is en hoe God in Jesus kan troos.

Marta: Terwyl die 17-jarige Marta se pa in haar arms sterf, vra hy haar om na haar ma om te sien. Sy vertolk hierdie belofte letterlik en verlaat die skool. Marta verwerf ’n diploma in haarkappery en begin ’n haarsalon in haar tuisdorp, sodat sy haar ma kan versorg. Sy en haar Ma het ’n roetine van Bybellees en bid in die aand, maar dis net nog ’n plig en hul gebede steek vas by afgerammelde rympies. Sy neem haar kort-kort voor om haar lewe beter in te rig, maar dit gebeur nie.

Oor die skrywer
Helena Hugo is die skrywer van verskeie topverkopers soos Haar naam is Ragel. Benewens talle boeiende verhale oor verskillende genres heen, is sy ook regisseur en skrywer van radiodramas en – vervolgverhale. Helena en haar man, Henk, woon in Roodepoort en het drie volwasse kinders.