Onverwags liefde – OUT OF PRINT

Die verlore seun keer terug om haar voete onder haar uit te slaan As agtienjarige is Lizelle Lategan weggejaag uit haar ouerhuis en haar tuisdorp, Nelslaagte, omdat sy en Jacques, haar aangenome suster se kêrel, verlief geraak het op mekaar. Sy kry ‘n interessante werk as navorser vir ‘n misdaadskrywer, Hennie Schutte, maar dan keer sy seun Steyn terug van Amerika en krap alles deurmekaar. Steyn wantrou Lizelle aanvanklik en beskuldig haar van allerhande valse motiewe, onder meer dat sy besig is om sy ouers se goedheid uit te buit. Gaandeweg trek hy op slim en selfs slinkse maniere die seer besonderhede van haar verlede uit haar uit en leer haar beter ken. Toe Steyn en sy pa besluit om ‘n mynramp wat 50 jaar gelede op Nelslaagte gebeur het, as agtergrond vir ‘n boek en ‘n dokumentêre film te gebruik, word Lizelle só gedwing word om terug te keer na Nelslaagte, die plek wat sy nooit weer wou sien nie en die spoke van die verlede te konfronteer. Steyn belowe weliswaar dat hy Lizelle sal bystaan, maar kan sy hom vertrou? Sy is baie bang vir seerkry en sukkel om hom te vertrou. Maar dié keer is sy nie alleen nie. Steyn staan haar by, help haar uit moeilike situasies, troos haar oor haar pa se dood en red haar toe sy in ‘n gevaarlike situasie beland. En kan sy haarself vertrou? Want in sy arms smelt al haar weerstand weg. Steyn hou by sy woord, en met sy hulp en onderskraging slaag sy daarin om vrede te maak met die verlede. Nou moet sy nog net daarin slaag om sy hart te wen … Romanza is LAPA Uitgewers se romansereeks, wat vergelyk kan word met Mills & Boon en Harlequin-romanses. Onverwags liefde is Elize Davies se jongste romanse. Haar vorige romanses in die Romanza-reeks sluit die volgende in: -Maanligliefde (April 2016), -Vermetele mansmens (April 2017), -Liefste verleidster (April 2018), -ʼn Man vol verrassings (Mei 2019), -Onweerstaanbare vyand (November 2019)

Elize Davies

R112.00

Out of stock

SKU: 9780799398748 Category:

Description