Description
Anri en haar twee Stalmaats-vriende, Karen en Megan, hou baie van die Peace Shelter-kinders wat die ryskool besoek. Veral Nomhle wat net so baie van perde hou soos hulle. Anri-hulle besluit om ‘n lekker verrassing vir die skuilingkinders te reël. Maar dan gebeur ’n aaklige ding … Is Nomhle regtig skuldig? Sal die drie Stalmaats betyds kan uitvind wat gebeur het – voor dit te laat is vir Nomhle?





