Seldsame man (Afrikaans, Paperback) – Super Romanza – out of print

Bets Smith

R240.00

Out of stock

SKU: 9780799380415 Categories: , , ,

Description

Isa glo sy het die trauma van Deon se dood verwerk. Haar ma stem nie saam nie. Die res van haar familie ook nie. Toe sy haar onverwags by die werk vasloop in die man wat haar daardie rampdag gered het, begin sy self twyfel. Ettienne se verskyning gooi haar lewe opnuut omver. Sy herleef die ontsetting van destyds in nagmerries en onverwagse terugflitse wat herinneringe oproep wat sy onbewustelik onderdruk het. Wat het alles op Phuket gebeur? Watter rol het Ettienne gespeel? Sal dit genesing bring as sy die verlede gaan konfronteer? Of sal sy terugval in depressie en ontkenning?