Negentien Minute

Jodi Picoult Vertaler: Daniel Hugo

R220.00

Available on back-order

Description

Nadat hy jare lank wreed verbaal en fisiek deur klasmaats geboelie is, knak die 17-jarige Peter Houghton een oggend. Binne slegs neëntien minute sterf tien inwoners van die dorp Sterling in Amerika.

Die geskokte gemeenskap is vasberade dat geregtigheid moet geskied. Soos die hofsaak ontvou en Peter getuienis lewer, kom dit egter aan die lig dat die inwoners van Sterling ‘n rol daarin gespeel het om ‘n innemende, liefdevolle seun in ‘n massamoordenaar te laat verander.

In ‘n era waarin boeliegedrag toenemend ‘n probleem is, hou hierdie meesleurende boek talle insigte in vir ouers, onderwysers en tieners.

 

Jodi Picoult is ’n gewilde en geliefde skrywer van etlike topverkopers, waaronder My Sister’s KeeperNineteen MinutesThe Storyteller en Small Great Things. Sowat 40 miljoen eksemplare van haar boeke is tans wêreldwyd in druk. Meer as 25 romans het al uit haar pen verskyn en haar werk is al in 34 tale vertaal. My Sister’s Keepers is ook in ’n rolprent omskep. Picoult is al verskeie kere bekroon, onder meer met die New England Book Award. Sy woon in New Hampshire in Amerika met haar man en drie kinders.