Skryn

Die woord skryn het verskillende betekenisse: ‘n Skryn is ‘n klein kissie of houer waarin kosbaarhede soos juwele bewaar word, en as werkwoord kan die woord dui op afskuur of -skaaf (soos wat ‘n skrynwerker doen) of op ‘n pynlike wrywingsproses (vandaar die beskrywing van ‘n ervaring as skrynend of skrynerig). Alhoewel al hierdie betekenisse geaktiveer word in Emma Bekker se debuutdigbundel, sal die leser vergeefs soek na konvensionele vroulike skatte soos juwele, klere en meubels. Reeds in die tweede gedig is daar ‘n aanduiding van wat in die res van die bundel te wagte gaan wees: In hierdie herinnering aan ‘n ontwrigtende kinderervaring, word die dogtertjie se krytblikkie, versier met ‘n afbeelding van die Taj Mahal, ‘n soort skryn word waaraan sy kan vashou. Algaande ontvou die beweging tussen die skrynende en die kosbare wat as gedigte bewaar word en word die bundel self die skryn. ‘n Tweede belangrike tema in die bundel is die verkenning van ‘n enigsins ongewone, onkonvensionele vroulikheid. Al open die bundel met ‘n kwatryn oor die gewone buurt met ‘n drankwinkel, ‘n pawn shop en die Spar waar die digteres woon, word hierdie skynbaar gewone voorstedelike bestaan gou die vertrekpunt van waar verskillende enigsins alternatiewe en onkonvensionele vroulikhede ondersoek word. Sy maak die luike van die binnekamer oop en ervaar tuin, veld en stad; Sy herken die tierboskat in haar skootkat en in haarself; In die liefdespel wil sy niemand se baby wees nie; Sy waag dit om op ‘n tweede wittebrood die jas van onverpoosde verantwoordelikheid uit te trek en in die kombuis gee sy haar oor aan die sinnelike vreugde – en soms selfs wrede – van kosmaak. Bewaring en blootstelling, kwesbaarheid en krag, sinnelikheid en spiritualiteit word in hierdie bundel verwoord deur ‘n vaardige digteres wat sowel die tug van die kwatryn, die liriese van kabaretagtige verse as vryer, narratiewe verse beheers.

R150.00

Available on back-order

SKU: 9781485304777 Category:

Description