Sale!

Elke dag ‘n mooi nooi en ‘n moord (Mei 2023, Sagteband, 270 pg, Nie-Fiksie) Hennie van Deventer

Beperkte voorraad beskikbaar.  Uit polemieke en petaljes; rusies en romanses; herries en hofsake en wat nog put gesoute koerantman Hennie van Deventer ʼn ryk oesoes vir sy boeiende boek oor koerante en die nuus wat hul lewensbloed is. Lees meer hironder.

Hennie van Deventer

Original price was: R260.00.Current price is: R50.00.

2 in stock

Description

Uit polemieke en petaljes; rusies en romanses; herries en hofsake en wat nog put gesoute koerantman Hennie van Deventer ʼn ryk oesoes vir sy boeiende boek oor koerante en die nuus wat hul lewensbloed is .

Die veteraan van die perswese staan bekend as ʼn gebore en geesdriftige nuusmens. Hierdie is sy sewende boek met ʼn binneblik op die koerantwêreld In ʼn onderhoudende keusekeusevan stories met ongewone kinkels roer hy allerlei omstredenhede aan : Charlize Theron se “net 44 wat nog Afrikaans praat”, Amanda Gouws se verweer vir vroue wat vloek, Ton Vosloo se ontdekking van “’n ander Suid-Afrika”,  die slagspreuk “Kill the Boer” ….

Sy temas is talryk. Hy ryg die staaltjies en anekdotes in en verklap geheimpies uit redakteurskantorere en raadsale. Wie humor soek, sal heelwat daarvan krykry– ook heelwat politiek of lig op persoonlikhede: nie net huishoudelike name in die media nie,  maar groot letterkunde-geeste soos die korrelkop Langenhoven, NP van Wyk Louw en Opperman, politici soos Verwoerd en Vorster, skoonhedes soos prinses Diana en Anneline Kriel en, les bes, selfs ontkleedanseres Glenda Kemp.