Sale!

Omdat ek en jy… (Maart 2024, Omnibus, 408 pg) Elsa Winckler

’n Omnibus met drie van Elsa Winckler, wat al vier keer die ATKVWoordveertjie vir romanses gewen het, se gewildste liefdesverhale wat voorheen afsonderlik verskyn het.

Drie susters erf elkeen vyfmiljoen rand ná hul geliefde tante Peet se afsterwe, mits hulle ’n vreemde bepaling nakom: Hulle moet elkeen eers ’n maand lank in ta’ Peet se huis op Greyton gaan bly. Nie een van die drie het werklik tyd hiervoor nie, maar Kathleen moet in elk geval aan ’n sakeplan vir haar aanlyn onderneming werk, Livie het die erfporsie nodig om ’n belangrike droom te verwesenlik, en Bella soek na inspirasie om weer te begin skilder. Min het hulle geweet dat hulle liefde sou vind in Greyton …

Neem asseblief kennis dat daar ‘n vertraging van 2 weke is vir meer voorraad van die uitgewer.  Lees meer hieronder.

Elsa Winckler

Original price was: R375.00.Current price is: R350.00.

Available on back-order

Description

Omdat jy jy is: Kathleen en haar twee susters erf elkeen vyfmiljoen rand na hul geliefde tante Peet se afsterwe, mits hulle ‘n vreemde bepaling nakom: Hulle moet elkeen eers ‘n maand lank in ta’ Peet se huis op Greyton gaan bly. In hul gejaagde lewens het nie een van die drie werklik hiervoor tyd nie, maar Kathleen stem in om eerste te gaan, want sy moet in elk geval aan ‘n sakeplan vir haar aanlynonderneming werk. Sy het egter nie daarmee rekening gehou dat iemand die kothuis agter ta’ Peet se huis sou huur nie. Beslis nie ‘n aantreklike man met viooltjieblou oe nie. Sakekonsultant Steyn Erasmus se arm is in ‘n hangverband en Kathleen ontferm haar oor hom. Maar wat tussen hulle broei, is veel meer as net goeie buurmanskap . . .

Omdat jy my liefhet: Dis Livie Mulder se beurt om vir ’n maand in haar oorlede tante se huis op Greyton te gaan bly. Dis beslis nie die ideale bepaling in die testament nie, maar Livie benodig die erfporsie om uiteindelik ’n belangrike droom te verwesenlik. Sy moet egter noodgedwonge op mense aangewese wees wanneer alles nie volgens plan verloop nie. Bart Coetzee red haar telkemale uit ’n penarie. Dis ongelukkig dieselfde man wat haar van die eerste oomblik af verkeerd opgevryf het. Die feit dat hy dodelik aantreklik is, maak haar rug net nog stywer. Bart het Greyton toe gekom om stil te lewe, en om te probeer ontsnap van die een gebeurtenis wat hom byna vernietig het. Daarom vermy hy nou enige verdere komplikasies – veral vroue – in sy lewe. Sal hy kan aanbeweeg, en die hartseer van vier jaar gelede begrawe? Boonop moet Livie ook besluit of sy kans sien vir ’n toekoms saam met Bart.

Omdat ons saam is: Hy kyk altyd af teen sy neus na haar, maar hy mag dalk net vind dat hy nie sonder haar kan leef nie … Bella is die jongste van die drie susters. Tannie Peet se testament bepaal dat die drie susters elkeen afsonderlik vir ‘n maand in haar huis op Greyton moet woon ten einde hul erfporsie te kan ontvang. Die hond Skim speel ‘n noemenswaardige rol in die verhaal en slaag daarin om telkens die held en heldin by mekaar uit te bring. Wian is die apteker op die dorp en worstel met sy eie probleme. Hy moes as jong man omsien na sy drie jonger broers toe sy ouers onverwags gesterf het in ‘n motorongeluk. Hy sien nie kans om weer so ‘n groot verantwoordelikheid na te kom nie, en daarom wil hy nie trou en kinders hê nie. Bella is in hart en siel ‘n kunstenaar maar is deur haar vorige vriend, Leo erg onderdruk en kon later nie meer skilder nie. Wian se jongste broer is Conrad Visser, die beeldhouer, en hy sien dadelik Bella se talent raak en help haar om weer haar skilderwerk op te neem. Intussen groei Wian en Bella se verhouding, maar dan verskyn Leo weer op die toneel en vernietig byna alles.