Sale!

Net Een Leuen – ‘n Sielkundige riller (Junie 2024, Sagteband, 303 pg) Susca Hatton

Hierdie is ‘n voorafbestelling, publikasie mid-Junie. Neem asseblief kennis dat ons volledige bestellings stuur. As jou bestelling ‘n voorafbestellingstitel insluit, sal jou volle bestelling versend word sodra alle voorraad beskikbaar is.  Niks gaan nooit weer dieselfde wees nie …  “Vanaf die eerste hoofstuk, trek die storielyn jou in. Jy probeer ontrafel. Jy bedink die rede vir die chaos. Jy voorspeel die uitkoms. Jy vrees. Jy wil iemand stormloop. En jy bly wonder wat haar keuse gaan wees. Alles bly ‘n raaisel.” – Elsabé Welman.  ‘n Eenvoudige verstommende debuutboek van ‘n opkomende ster in fiksieskryf.

Klik hier om ‘n uittreksel te lees.

Lees meer oor die boek hieronder.

Susca Hatton

Original price was: R320.00.Current price is: R300.00.

Available on back-order

SKU: 9780796159038 Categories: , ,

Description

#1 Amazon Afrikaans e-boeke.

Behalwe vir haar kloustrofobie, is Emily van Lynden se lewe perfek. Êrens moes sy iets reg gedoen het om ’n man soos Zander te kry. ’n Man wat haar liefhet ten spyte van haar eienaardighede.

Nuus dat Zander vermoedelik in ’n motorbomontploffing oorlede is, verpletter Emily se perfekte lewe.

Wanneer Zander ’n paar dae later ongedeerd by die huis opdaag en daarop aandring om Alex genoem te word, voel dit vir Emily soos die begin van die einde.

Haar eens liefdevolle man, is nou afsydig, koud, intimiderend, en selfs by tye wreed.

Klein ruimtes is nie meer haar enigste vrees nie. Haar vrees het ’n stem gekry en ’n gesig. Die gesig van die man wat sy liefhet.

“Wat ‘n ongelooflike boek. Van die eerste oomblik wat ek begin lees het, het ek geweet dit gaan ‘n wenner wees. Die kinkels en kabels het dit nog meer boeind gemaak. Fantastiese skryfstyl, het die storielyn verskriklik baie geniet. Afrikaanse riller op sy beste.” – Leser resensie, Goodreads.

Neem asseblief kennis dat hierdie skrywer self gepubliseer is. As sodanig is voorraad nie altyd onmiddellik beskikbaar nie en dit kan tot 2 weke plus neem voordat nuwe voorraad opdaag. 
Die skrywer verwag meer voorraad teen mid Junie, plaas asseblief jou bestellings teen 31 Mei.

MEER OOR DIE SKRYWER:

Susca Hatton is ‘n Afrikaanse rillerskrywer en entrepreneur. Sy is gebore en getoë in Kaapstad se noordelike voorstede.

Haar eerste skryfpoging was op die ouderdom van 15 – ‘n whodunnit met meer foute as woorde wat reg gespel was.

Sy het in 2022 ingeskryf vir SA WritersCollege se Skryf ‘n roman-kursus. Haar debuutboek, Net Een Leuen, is onder Wilna Adriaanse se mentorskap voltooi.

Vir die afgelope agt jaar is die klein Weskus-dorpie, Hopefield, haar tuiste. Sy woon op ‘n plaas net buite die dorp saam met haar man, hul tienerseun, twee rottweilers en twee baie aggressiewe huiskatte.

Susca is tans besig om haar volgende sielkundige riller te skryf.