Description
Was die wrede dood van Jesus nodig? Waarom vergewe God nie onvoorwaardelik, sonder om ‘n offer te eis nie? Is God die Vader beperk in sy vergewensgesindheid? Die geloof in hemel en hel wek angs en twyfel by vele – angs vir die hel en twyfel of hulle die hemel sal ‘haal’. Kan ‘n God van liefde, die God wat deur die Christelike Kerk verkondig word, so iets oor sy hart kry? Die skrywer het geen pretensie dat hy die finale antwoord op al hierdie vrae het of dat hy die ryke betekenis van die lewe, sterwe en opstanding van Jesus kan uitput nie, maar hy hoop van harte dat die gedagtes wat volg, tog lig sal bring vir mense wat met hierdie vrae worstel.
Also available in English – Boundless Grace.