Die Dogters van Casalina (Oktober 2025, Sagteband, 288 pg) Rina Cilliers

Die Dogters van Casalina is ’n deernisvolle verhaal oor verlies en herbou, oorbegin, familiebande en -geskiedenis, en die krag van liefde in al sy vorme.

Lees meer hieronder.

Rina Cilliers

R300.00

Available on back-order

SKU: 9781779880963 Categories: , , Brand:

Description

Ciska Luckhoff, ’n joernalis by Dagblad, se lewe verander handomkeer wanneer beide haar ouers kort na mekaar sterf en haar geliefde, Liam, gediagnoseer word met ’n lewensbedreigende siekte. Gedurende hierdie tyd neem sy onbetaalde verlof om as voltydse versorger en broodwinner op te tree met haar deeltydse werk as manuskripontleder en skrywer.

Haar omstandighede dreig egter om haar onder te kry en sy nader haar ma se sielkundige, Isobelle Verwey. Isobelle staan Ciska nie net by gedurende hierdie traumatiese tyd nie, maar word ook ’n hegte vriendin.

’n Bejaarde kunstenaar, Francina Bernardi, nader Ciska om haar memoires te skryf en Isobella moedig haar aan om die aanbod te aanvaar. Opsoek na ’n nuwe begin en begrip vir God se plan vir haar lewe, gryp Ciska die geleentheid aan. Sy vertrek na Casalina, die drietoringhuis naby Knysna, waar sy deel van die Bernardi-familie se huishouding raak. Sy vind inspirasie in die intrige van die muurskilderye, waarin die kunstenaar met taferele daarop haar en haar man se lewensgeskiedenis verbeeld.

Maar die teenwoordigheid van ’n aantreklike Bernardi-nasaat verwar haar omdat sy nie weet hoe om haar verlede af te sluit óf wat om met haar nuwe gevoelens te maak nie. Tydens Kerstyd by Casalina ontvou ’n verhaal wat die verlede en hede se geheime ontrafel. Ciska moet vrede maak met ’n skokkende ontdekking sodat die dogters van Casalina uiteindelik in ’n sirkel van genade kan terugkeer.

Die skrywer: Rina Cilliers was vir vyf-en-twintig jaar tuisblyma van vier kinders in Pretoria voordat sy en haar man op Hartenbos gaan aftree het. Nou leef sy haar uit in die skep en skryf van liefdesverhale en glo dat die liefde werklik enigiets kan oorwin. Rina is ’n bekend vir haar gewilde Romanza’s wat gekenmerk word aan deurlopende temas van liefde, intrige en deernis.