Description
Mamba is ‘n spanningsverhaal wat afspeel op ’n afgeleë plaas in Limpopo se Waterberg-distrik.
Adriaan Botha is angstig oor misdaad in Suid-Afrika en moedeloos oor sy loopbaan as argitek. Hy besluit om die land te verlaat, maar stel sy plan uit om eers ʼn belangrike projek te voltooi. Terwyl hy daarmee besig is, erf hy uit die bloute ’n plaas by sy oupa wat hy nooit geken het nie. Hy sukkel nog om dié nuus te verwerk, toe ’n insident met die kliënt se vrou hom dwing om die stad inderhaas te verlaat. Vergesel deur sy geliefde hond gaan skuil hy op die plaas.
Onderwyl Adriaan wag vir die stof om te gaan lê, wik en weeg hy om die plaas te verkoop – hy is immers oppad landuit! Maar spoedig raak hy al vaster verstrik deur ’n sameloop van gebeure. Alles begin toe hy ‘n reuse-swartmamba in die veld raakloop, want wat daarna gebeur, is ‘n tuimeltreinrit vol interessante karakters en onverwagse gebeure.
As hy maar net vroeër rigti ng gekry het! Hoe de hel gaan hy lewend hier uitkom?
Sekondêre temas van belang is ekologiese aangeleenthede, kultuurhistoriese kwessies binne rasverband en geleentheid vir versoening. Die teenwoordigheid van die legendariese mamba vorm ʼn belangrike simbool in die verhaal.
Die skrywer: PIETER HENNING is in Pretoria gebore en het in Pietermaritzburg grootgeword. Na matriek studeer hy Veekunde (BSc Agric) aan die Universiteit van Pretoria. Met sy studies en twee jaar se militêre diensplig agter die rug, vesti g hy hom in 1980 in Pretoria en begin ‘n oopbaan as professionele veekundige. “Van my vroegste jare af was ek baie lief vir lees, veral fi ksie. Saul Bellow het eenmaal gesê: ‘A writer is a reader moved to emulati on’. Dit was inderdaad met my die geval.” Êrens uit dié liefde vir lees het ‘n droom ontstaan om self eendag ‘n roman te skryf. Mamba is die produk van daardie droom. Maar nie die
eindproduk nie; Pieter is reeds besig met ’n tweede roman, wat beoog om die verhaal van Adriaan Botha verder te neem.





