Description
Jopie Fourie (27 Augustus 1878 – 20 Desember 1914) was ’n Boerekryger in die Tweede Vryheidsoorlog. Tydens die Eerste Wêreldoorlog was hy ‘n offisier in die Suid-Afrikaanse Burgermag. Sonder om te bedank, het hy by die rebellie aangesluit. Hy is gevang, verhoor, ter dood veroordeel en gefusileer.
Vir baie Afrikaners het sy dood hom tot onsterflike heldestatus verhef. Maar daar was nog nooit eenstemmigheid oor die Fourie-tragedie in Afrikaner-geledere nie, en die gebeure en ‘n vertolking daarvan is maar nog ‘n verhaal van verdeelde Afrikaner-lojaliteite en -beskouings.





